Vandag in die nuus

Pa en seun in Venezuela gered nadat hulle vier dae lank onder rommel begrawe was.
SPa en seun in Venezuela gered nadat hulle vier dae lank onder rommel begrawe was.creenshot

Hier is die hoofnuus wat vandag, 29 Junie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het

Plaaslik

  • SANTACO beplan om vervoer op 30 Junie te voorsien, ondanks die verwagte landwye betogings teen ongedokumenteerde migrante
  • Staat bevestig dat Dinsdag 20 Junie normale werksdag is & dat openbare dienste, skole en besighede na verwagting soos normaal sal funksioneer
  • 2 884 buitelandse burgers onder 15 384 mense tydens landwye Operasie Shanela II gearresteer; ook beslag gelê op 101 ongelisensieerde vuurwapens & 620 gevaarlike wapens
  • SA Vrouekrieket kwalifiseer vir 2028 Olimpiese Spele! So ook Australië, Nieu-Seeland, VK (via Engeland) en Indië, VSA kan slegs deelneem as hulle 31 Des. ’26 onder top-15 van IKR T20-ranglys is
Facebook/Female Cricket
Facebook/Female Cricket
  • Regter Madlanga gefrustreerd met beweerde polisie-informant Tumelo Nku wat ‘versuim om die volle waarheid te vertel’ selfs ná hy geleentheid gegun is om verklaring te wysig
  • Sterk polisieteenwoordigheid by Montclair-winkelsentrum in Durban waar gemeenskap optogte hou teen buitelandse burgers wat winkels in die sentrum bedryf
  • Borgtog vir beweerde politieke ‘fixer’ Brown Mogotsi weer geweier
  • Mylpale vir Cheslin Kolbe & Damian Willemse wat naweek vir 50ste keer in Bok-kleure op die veld sal verskyn wanneer hulle Engeland die stryd aansê
  • 35 ongedokumenteerde buitelanders in Cradock in hegtenis geneem, verdere 17 met R21 000 beboet oor vervalde permitte
  • Optogte in Gauteng aangemeld by Jabulani, Crown Mines, Benoni, Pretoria-Wes en Rabie Ridge – mag tot verkeersontwrigtings lei
  • Paul O’Sullivan vandeesweek voor Madlanga-kommissie, name wat glo gaan opduik sluit in: Richard Mdluli, Feroz Khan, Glen Agliotti, Radovan Krejčíř, Nhlanhla Mkhwanazi & Khomotso Phahlane
  • Malawiër by Beitbrug vasgetrek met plofstofkabels van sowat R100 000 wat in sak rys op Interlink-bus versteek was  

Internasionaal

  • President Trump moet $5 miljoen aan die tydskrifkolumnis E. Jean Carroll betaal nadat die Hooggeregshof sy appèl teen die uitspraak in die saak van seksuele mishandeling van die hand gewys het
  • Sokker-superster Cristiano Ronaldo het Maandag 2 privaat-vliegtuie vol mediese toerusting en voorrade vir slagoffers van aardbewing in Venezuela gestuur
  • Nieu-Seeland wen toetsreeks 2-1 nadat hulle Engeland oortuigend met 160 lopies klop
  • Vyf mense dood en verskeie ander beseer in skietvoorval by jeugsorgfasiliteit in Stade, Duitsland
  • Hane se Antoine Dupont uit span vir eerste paar Nasiesbeker-wedstryde, word deur Toulouse-spanmaat Paul Graou vervang
  • Iran en Oman hou eerste Hormoes-gesprekke terwyl die VSA–Iran-ooreenkoms steeds op mespunt balanseer
  • Venezuela-aardbewings: “Solank hy gelewe het, sou ek ook gelewe het, van tyd tot tyd het ek aan sy neusie geraak om te bevestig dat hy nog asemhaal,” vertel ma ná sy en 16-dag oue seuntjie uit puin gered is
  • Krokodil sleep 28-jarige man op die strand see-in by gewilde vakansieoord in Mexiko, sy liggaam ‘n dag later gevind
  • Sangeres Dua Lipa, self-erkende boekwurm, open eie biblioteek in Portugal wat fokus op boeke wat ‘wat mag, sensuur, uitsluiting en dominante narratiewe uitdaag’
  • Venezuela-aardbewings: Ongelooflike oomblik toe reddingswerkers pa en seun red nadat hulle vier dae lank onder rommel vasgekeer was
  • S-Korea se sokkerafrigter, Hong Myung-bo, bedank ná president ondersoek loods rondom span se power vertoning tydens Wêreldbeker

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie