Vandag in die nuus

Oudpres. Jacob Zuma.
Oudpres. Jacob Zuma. Foto: Darren Stewart, Gallo Images.

Hier is die hoofnuus wat vandag, 3 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

  • Polisie in die Oos-Kaap het een verdagte, ’n 20-jarige man, in hegtenis geneem vir die moord op ANC-wyksraadslid Sicelo Mleve, en hy sal na verwagting vandag in die landdroshof in New Brighton verskyn.
  • ATM-LP Vuyo Zungula vra aan dat daar ’n parlementêre debat oor immigrasie plaasvind.
  • Pres. Cyril Ramaphosa het die ontplooiing van meer as 3 000 SANW-soldate regoor SA goedgekeur om op te tree teen onwettige immigrasie-betogings en dreigemente van geweld, teen ’n koste van R54 miljoen tot die einde van die maand.
  • Voormalige president Jacob Zuma is deur Khumbudzo Ntshavheni, minister in die presidensie, gekritiseer oor sy besoek aan die voortvlugtige Gupta-broers in Indië.
  • Ongedokumenteerde buitelanders: Nog buitelandse burgers word van Kaapstad na Musina vervoer vir repatriasie.
Feroz Khan.
Feroz Khan.
  • Die Madlanga-kommissie sal na verwagting getuienis aanhoor wat verband hou met Feroz Khan, geskorste adjunkhoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, en sal met die getuienis voortgaan, selfs is sy afwesigheid.
  • ’n Groot groep Malawiese burgers is steeds vasgekeer by die Musina-skougronde naby die Beitbrug-grenspos, omdat baie steeds nog wag om deur die departement van binnelandse sake nagesien te word.
  • ’n Man van Kraaifontein, Bonaphi Xakeka, doen ’n beroep op die regering om die land se immigrasiekrisis dringend aan te spreek, wat glo Dinsdag deur ’n skare aangeval is omdat daar geglo is hy is ’n ongedokumenteerde buitelander

Oorsee

  • ’n Oorlaaide bus het in Wes-Pakistan van die pad af gery en meer as 20 meter in ’n bergkloof gestort, waarin minstens 40 mense dood is.
  • ’n Aanval deur Oekraïne op ’n mark in die Russies-besette deel van die suidelike Zaporizjzja-streek het Vrydag vyf mense doodgemaak, ’n dag nadat Rusland ‘n grootskaalse aanval op Oekraïne se hoofstad geloods het.
  • Navo se Europese lede en Kanada sal na verwagting by volgende week se beraad in Ankara belowe om vanjaar en volgende jaar €70 miljard (ongeveer 1,3 triljoen) se militêre hulp aan Oekraïne te verskaf, het diplomate Vrydag gesê.
’n Soldaat van die Taifun-hommeltuig-eenheid met 'n nuwe model Marsianin-hommeltuig in die Kharkiv-streek, Oekraïne.
’n Soldaat van die Taifun-hommeltuig-eenheid met ‘n nuwe model Marsianin-hommeltuig in die Kharkiv-streek, Oekraïne. Foto: Nikoletta Stoyanova, Getty Images.
  • Pakistan-premier, Shehbaz Sharif en Afghanistan se minister van buitelandse sake, Amir Khan Muttaqi, het Vrydag hul laaste eer betoon by die kis van die ontslape Iranse opperleier Ali Khamenei.
  • Oekraïne het Vrydag gesê die dodetal ná ’n massiewe aanval op die hoofstad, Kiëf, het tot minstens 30 gestyg, terwyl beide Kiëf en Moskou nuwe aanvalle belowe het.
  • Sokker: Duitsland se afrigter, Julian Nagelsmann, het na berigte Vrydag bedank ná sy span verrassend in die ronde van 32 by die Wêreldbeker deur Paraguay uitgeskakel is.
  • Jurgen Klopp in gesprekke om Duitsland se nuwe afrigter te word ná Julian Nagelsmann se bedanking ná die land se Wêreldbeker-skok toe hulle teen Paraguay uitgeval het.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie