Midde-in die storm oor oudpres. Jacob Zuma se besoek aan sy vriend Ajay Gupta, en ook prof. Anil Sooklal, Suid-Afrika se hoëkommissaris in Indië einde Junie, het Sooklal se broer ook dié besoek as ’n “verleentheid vir die familie” verklaar.
Dit blyk nou Zuma het nie net steeds bande met Ajay Gupta nie, maar sy paaie het ook al met dié van Sooklal se broer, adv. Ajay (AJ) Sooklal, gekruis.
Zuma en AJ Sooklal ken mekaar al sedert die 1999-wapenskandaal, al probeer AJ Sooklal dit nou onder die mat vee.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
