Regsgeding kan dalk Kiwi-toer na SA plettervat

Cheslin Kolbe duik oor vir 'n drie tydens die Rugbykampioenskap-toetswedstryd op 13 September 2025. Foto: Grant Down / AFP
Cheslin Kolbe duik oor vir ‘n drie tydens die Rugbykampioenskap-toetswedstryd op 13 September 2025. Foto: Grant Down / AFP

Dit volg nadat die regering aangekondig het dat hy van voorneme is om die Greatest Rivalry 2026-toer as ‘n beskermde geleentheid in die nasionale belang te verklaar.

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, het ‘n kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer waarin hy sy voorneme uiteensit om streng regulasies vir die reeks in te stel. Dit sal die ongemagtigde gebruik van handelsmerke, slagspreuke, logo’s en ander handelsidentifiseerders wat met albei spanne verbind word, verbied.

Die vakbond Solidariteit het aangekondig dat hy die voorgestelde verklaring sal teenstaan, met sy regspan wat voorberei om formele besware teen die regulasies in te dien. Lede van die publiek kan tot Woensdag 22 Julie kommentaar lewer or die voorgestelde beskermde status.

Misbruik van mag’

Solidariteit het die stap as ‘n “blatante misbruik van mag wat die deur oopmaak vir groter staatsbeheer oor private sportgeleenthede” beskryf en gewaarsku dat dit koste sal verhoog terwyl dit organiseerders se vryheid van keuse sal beperk.

Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, het gesê die regering behoort nie omstrede SEB-vereistes en verkrygingsvoorskrifte deur middel van die Greatest Rivalry 2026-toer op privaat organisasies af te dwing nie.

“Ons grootste kommer is die poging om SEB-regulasies en verkrygingsvereistes op die organiseerders van die All Blacks-toer af te dwing,” het Du Buisson gesê. “Solidariteit betwis reeds die Wet op Openbare Verkryging in die hof. Dit maak geen sin om hierdie vereistes op onafhanklike geleenthede af te dwing terwyl die wet steeds in die hof uitgedaag word nie.”

Lees die volledige artikel op Nova News


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie