’n Mylpaal vir Rassie, maar Bokke moenie die Skotte onderskat nie

Bok-breier, Rassie Erasmus.
Bok-breier, Rassie Erasmus. Foto: Getty Images.

Daar wag ’n taai uitdaging op die Springbokke wanneer hulle Saterdag die wêreld se vyfde beste span, Skotland, in hul tweede Nasieskampioenskap-wedstryd op Loftus Versfeld pak. Hulpafrigter Mzwandile Stick en kaptein Pieter-Steph du Toit het gewaarsku dat die besoekers nie onderskat moet word nie.

Die wedstryd is ook van besondere betekenis aangesien dit hoofafrigter Rassie Erasmus se 55ste toets as Springbok-afrigter sal wees. Daarmee word hy die afrigter met die meeste toetse nóg aan die stuur van die Springbokke.

Stick en Du Toit het albei Erasmus geloof voor dié mylpaal, met die hulpafrigter wat hom beskryf het as ‘n afrigter wat opreg omgee vir Suid-Afrikaners.

“Jy kan nie vir ‘n beter mens as Rassie vra nie. Ons is ongelooflik trots op wat hy bereik het – nie net vir ons nie, maar ook vir die land,” het Stick gesê.

“Om hierdie mylpaal te bereik en die Springbok-afrigter met die meeste toetse te word, is baie besonders. Dit is ook wonderlik dat sy familie hierdie week by hom is om saam met hom fees te vier. Ek is baie bly vir hom en hopelik kan ons Saterdag vir hom ekstra spesiaal maak.”

Du Toit, wat die Springbokke in Erasmus se eerste toets as hoofafrigter in 2018 aangevoer het, het dieselfde sentiment gedeel.

“Ek sal altyd die opgewondenheid onthou van die dag toe ek Rassie ontmoet het. Hy kom altyd met ‘n plan vorendag en gee ons die geleentheid om daarop voort te bou en iets te vind wat vir ons ‘n voorsprong kan gee,” het Du Toit gesê.

  • Die wedstryd, wat om 17:40 afskop, sal regstreeks op SuperSport uitgesaai sal word.

Lees die volledige artikel op Nova News


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie