Noorweë sal die eerste keer in die geskiedenis deel wees van die Wêreldbeker-sokkertoernooi se kwarteindrondes.
Stale Solbakken, die afrigter van Noorweë, het verras deur die vyfmalige WB-kampioen, Brasilië, in die ronde van 16 met 2-1 te klop.
Saterdag is ’n watertand-stryd in die kwarteind, wanneer dié span Engeland in Florida pak.
Die span van Engeland het Mexiko met 3-2 in die ronde van 16 geklop.
Daar sal swaar gesteun word op die Noor, Erling Haaland, en Engeland se Harry Kane, om hul span in die halfeindstryd te kry.
Haaland het reeds sewe doele in dié toernooi aangeteken en Kane het ses agter sy naam.
Die Spanjaarde, wat hul buurland, Portugal, 1-0 gewen het, het ook nou België 2-1 geklop.
België het behoorlik met Amerika in die ronde van 16 gemors met die eindtelling ’n gesonde 4-1, maar kon nie vir Spanje baasraak nie.
Dié twee spanne het een vorige ontmoeting in ’n Wêreldbeker in 1986 gehad – toevallig ook ’n kwarteindstryd.
België het die Spanjaarde in beseringstyd net-net 5-4 gewen.
Die verdedigende kampioen, Argentinië, het Dinsdagaand sy ondersteuners in die wedstryd teen Egipte op hete kole gehad.
Ná 67 minute was Egipte 2-0 voor, danksy doele deur Yasser Ibrahim en Mostafa Ziko. Dit het vir ’n wyle gelyk of Egipte die onmoontlike gaan vermag. Cristian Romero het die Argentyne se eerste doel in die 79ste minuut aangeteken.
Minute later het Lionel Messi in die 83ste minuut sake gelyk gemaak. Enzo Fernándes het egter die wedstryd in beseringstyd 3-2 beklink.
Argentinië sal Sondagoggend SA tyd Switserland pak om ’n plek in die halfeind.
Frankryk, wat deurgaans puik vertoon met sy doelskieter, Kylian Mbappé, aan die voorpunt met agt doele, het Donderdag weer ’n doel aangeteken toe sy span Afrika se laaste hoop, Marokko, 2-0 geklop het.
