Oekraïne se bondgenote het Maandag op ’n beraad in Parys verdere steun vir Kiëf se lugverdediging aangekondig, asook oefeninge vir ’n mag wat ná ’n moontlike skietstaking ontplooi sal word. Dié stappe is deel van pogings om druk op Rusland te verhoog om die oorlog te beëindig.
Verteenwoordigers van die 37 koalisielede, insluitend pres. Wolodimir Zelenski van Oekraïne, het bymekaargekom vir die 16de vergadering van die “Koalisie van die Gewilliges”. Dié inisiatief is deur Frankryk en Brittanje van stapel gestuur om militêre steun aan Oekraïne te bied ná Rusland se volskaalse inval in Februarie 2022.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
