Vandag in die nuus

Lando Norris. Foto: X/@Luquetete23
Lando Norris. Foto: X/@Luquetete23

Hier is die hoofnuus wat vandag, 26 Julie, gebeur het. Dié artikel bevat die vernaamste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

#Curriebeker Kavaliers wys Stormers XXIII behoorlik waar Dawid die wortels in die Boland begrawe het met ‘n oortuigende oorwinning van 41-3, Jayden Bantom speler van die wedstryd

Die oorskot van SA-rugbyspeler Luqobo “Bibo” Makwedini (20) wat vroeër vandeesmaand ná oefensessie in Frankryk oorlede is, het in SA aangekom

Tuinroete-polisie trap 9 vas vir onwettige drankverkope en konfiskeer meer as 1 000 liter drank

Volgens Samwu kon minstens 12 munisipaliteite in SA nie salarisse in Junie en Julie betaal nie ná tesourie hul gelykberegtingstoelae teruggehou het, Vrystaat die swaarste hierdeur getref

Talle vragmotors staan tou op N1-noord in rigting van Beitbrug weens verkeersopeenhoping van sowat 20 km, vertraging glo vanweë stelselprobleem aan Zimbabwiese kant van die grens

SOE het bewaringsbevel van Spesiale Tribunaal verkry om 2 eiendomme ter waarde van miljoene rande wat met Lucky Montana, voormalige groep-hoof uitvoerende beampte van Prasa, verbind word, onder bewaring te plaas

4 Pakistanse burgers wat eienaars van spazawinkels in Tembisa was, is Saterdagaand in ‘n vermoedelike lokvalaanval in Chloorkop, Kempton Park, doodgeskiet

Arena Holdings het Sunday Times-redakteur Makhudu Sefara weer in sy pos aangestel ná onafhanklike ondersoek se bevindings rondom bewerings deur SOE

KZN-padverkeersinspektoraat (RTI) het 11 vragmotors tydens #NenzaniLaEzweni-operasie in PMB geskut vanweë verskeie oortredings, vragmaatskappye is geteiken wat snags opereer om wetstoepassers te ontduik

Eskom en owerhede vir kernveiligheid stel publiek gerus ná berigte oor verhoogde vlakke van radioaktiwiteit tydens instandhoudingswerk by Koeberg-kernkragstasie, bevestig daar was geen stralingslekkasie nie

#Curriebeker Griekwas oordonder die Bulle in Kimberley met 56-26 met lieflike hardlooprugby

Internasionaal

Lando Norris (McLaren) wen die Hongaarse Grand Prix, sy eerste groot wen van die seisoen

#HongaarseGrandPrix Oscar Piastri siedend ná Willliams-bestuurder Carlos Sainz teen hom bots, McLaren dink wel sy motor is in orde

Terwyl Europa deur vlamme verswelg word, loop Ankara, hoofstad van Turkye, deur onder intense reën wat kitsvloede meebring

Minstens 8 mense het die afgelope 24 uur gesterf in Russiese aanvalle op Oekraïne

‘n Rekordgetal van 153 359 kommersiële vlugte is binne 24 uur op 23 Julie was volgens Flightradar24 die besigste dag nóg wat die aantal kommersiële vlugte betref

Volgens Irak se staatsnuusagentskap is die belangrikste grenspos tussen Koeweit en Irak weer oopgestel

Max Verstappen aan Red Bull tydens die Hongaarse Grand Prix: ‘Dit is duidelik dat die vering weer eens ingegee het, die kar is heeltemal gef*k’

Aanval naby Berlyn se Pride-vieringe was “Islamistiese terreuraanval”, sê minister van binnelandse sake

Zelenski beweer Rusland het N-Korea versoek om nog 30 000 soldate te stuur om sy oorlogspoging in Oekraïne te versterk

Pralhad Joshi as Indië se nuwe minister van onderwys aangewys ná protesoptrede deur die Cockroach Janta Party (CJP) oor eksamenskandale vir Dharmendra Pradhan genoop het om te bedank

Maleisië sal van 2-4 Oktober 2026 gasheer wees vir Bahreinse Grand Prix

Waterpokkies is besig om vinnig deur kampe in Gazate versprei, met duisende nuwe gevalle wat binne twee weke aangemeld is

Swaargewigbokser Anthony Joshua (36) het suksesvolle terugkeer tot die ring gemaak deur Kristian Prenga (35) in die tweede ronde harpuis te laat ruik

Amerikaanse appèlhof beslis dat Trump nie sy uitvoerende bevel oor posstemming in 23 deelstate mag toepas wat daarop gemik is om reëls voor November-verkiesing te verskerp, mag implementeer nie

Frankryk voer verbete stryd teen vernietigende brande wat deur dwarrelwinde aangehits word, verdere 55 000 moes ontruim

Houthi-rebelle het Sondag gesê hulle het Turks-vervaardigde Saoedi-hommeltuig oor die noordweste van Jemen afgeskiet, ‘n dag ná die groep beweer het hulle het olie-aanlegte in Golfkoninkryk aangeval

Simon O’Donovan (44), werknemer van Collins Barracks nasionale museum, in hegtenis geneem ná motorbom naby Ierse grens gevind is, regstudent Isobelle Perrie Sullivan (25), is ook reeds van besit van springstof aangekla

Bevestigde Ebola-gevalle in die Kongo het nou die 3 000-kerf verbygesteek

Demokrate in Maine het Troy Jackson as hul kandidaat vir die Senaat verkies, sal nou teen die veteraan-Republikeinse senator Susan Collins meeding ná Graham Platner se verkiesingsveldtog ontspoor is o.a. ná ernstige seksuele aanrandingsaanklag teen hom die lig gesien het

Mahmoud Mardawi (Hamas) het Israeliese setlaars veroordeel ná hulle 2 moskees in Nablus en Tulkarm op besette Wesoewer aan brand steek, beskryf dit as blatante skending van Islamitiese heilige plekke wat nie geduld kan word nie”

Ekspedisie 74, bestaande uit NASA-ruimtevaarder Chris Williams en Roskosmos-kosmonaute Sergey Kud-Sverchkov & Sergei Mikaev, het Sondag 09:03 aan boord van Soyuz MS-28-ruimtetuig van Internasionale Ruimtestasie ontkoppel

Amanda “Mandy” Karolkiewicz (39), haar man, Kristopher (47) & hul 6 kinders (tussen vyf & 15), het in raaiselagtige huis-brand in Grand Haven Township (Michigan) gesterf, van die gesinslede het glo koeëlwonde Gehad

Brasilië weier visums vir 2 Amerikaners (Riley M. Barnes, assistent-sekretaris, en Samuel Samson, adjunk-assistent-sekretaris) omdat hulle na bewering twyfel wou saai oor Brasilië se naderende verkiesing

Goeie nuus vir Wakanda-aanhangers: ‘Black Panther III’ sal op 15 Des. 2028 uitgereik met David Jonsson in die hoofrol as die seun van T’Challa

Amerikaanse smaakmaker Sara Gilson (43) deur vervreemde man, Jeremiha ‘Shawn’ Duffey, doodgeskiet ná sy hom op TikTok daarvan beskuldig het dat hy ‘n pedofiel is

Peter Malinauskas, premier van Suid-Australië, het bespiegeling afgemaak dat hy moontlike opvolger vir Anthony Albanese kan wees, gesê daar is reeds ‘n ‘groep mense met werklike leierskapsvermoë’ in die federale politiek

Regter het waarnemende Amerikaanse minister van justisie, Todd Blanche, gelas om ongeredigeerde e-posse & dokumente uit Epstein-lêers aan hof te oorhandig vir vertroulike hersiening in MeidasTouch-aanbieder Katie Phang se regsgeding


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie