All Blacks-hoofafrigter Dave Rennie en die mede-keurders, Sir Graham Henry en Neil Barnes, het al 34 spelers uit hul Nations Championship-groep behou en nog tien spelers bygevoeg om die groep vir die sewe weke lange toer te versterk.
Stut Siale Lauaki, losvoorspeler Semisi Tupou Ta’eiloa en binnesenter/agterspeler Josh Jacomb is die drie ongekroonde spelers wat by die groep aansluit. Hulle word vergesel deur terugkerende All Blacks Ollie Norris, George Bell, Fabian Holland, Ethan Blackadder, Timoci Tavatavanawai, Rieko Ioane en Emoni Narawa.
“Hierdie toer gaan ons uitdaag en die heel beste van ons vereis,” het Rennie gesê.
“Met agt wedstryde in ses weke, insluitend ‘n toetsreeks van vier wedstryde teen die Springbokke, is dit waarskynlik die moeilikste toer in rugby. Elke speler sal sy rol moet speel – hetsy op die veld of deur spanmaats voor te berei.
“Dit sal ‘n intense sewe weke wees, maar ook ‘n uitstekende geleentheid om onsself teen die huidige maatstaf in wêreldrugby te toets en bande binne die groep te versterk. Wat ons op en van die veld leer, sal ons goed voorberei vir die 2027 Rugbywêreldbeker.
Toerdatums
- 7 Augustus: DHL Stormers in Kaapstad.
- 11 Augustus: Hollywoodbets Sharks in Durban
- 15 Augustus: Vodacom Bulls in Pretoria.
Springbok-wedstryde
Die eerste toets teen die Springbokke word op 22 Augustus op Ellispark in Johannesburg gespeel, gevolg deur ‘n laaste franchisewedstryd teen die Lions op 25 Augustus, ook op Ellispark.
Die tweede en derde toetse vind onderskeidelik in Kaapstad en Johannesburg plaas, waarna albei spanne na die Verenigde State reis vir die vierde en laaste toets in Baltimore, Maryland – die eerste keer dat dié twee rugbyreuse mekaar op Amerikaanse bodem pak.
Mylpaal
Die uitvoerende hoof van Nieu-Seeland Rugby, Steve Lancaster, het gesê die toer is ‘n mylpaal vir albei rugbylande.
“Dit is die volgende hoofstuk in een van rugby se grootste wedywerings. Dit is ons eerste volskaalse tradisionele toer in 30 jaar, sedert Sean Fitzpatrick se ‘The Incomparables’ in 1996 die All Blacks se eerste toetsreekssege in Suid-Afrika behaal het.
Voorspelers (25)
Hakers
- Asafo Aumua
- Codie Taylor
- Samisoni Taukei’aho
- George Bell
Stutte
- Ethan de Groot
- George Bower
- Xavier Numia
- Ollie Norris
- Tyrel Lomax
- Fletcher Newell
- Pasilio Tosi
- Siale Lauaki (nuweling in die span)
Slotte
- Tupou Vaa’i
- Patrick Tuipulotu
- Josh Lord
- Sam Darry
- Fabian Holland
Losvoorspelers
- Peter Lakai
- Simon Parker
- Ethan Blackadder
- Luke Jacobson
- Anton Segner
- Ardie Savea
- Wallace Sititi
- Semisi Tupou Ta’eiloa (nuweling in die span)
Agterspelers (19)
Skrumskakels
- Cameron Roigard
- Cortez Ratima
- Kyle Preston
Losskakels
- Ruben Love
- Beauden Barrett
- Damian McKenzie
- Josh Jacomb (nuweling in die span)
Senters
- Jordie Barrett
- Quinn Tupaea
- Billy Proctor
- Anton Lienert-Brown
- Timoci Tavatavanawai
Buite-agterspelers
- Caleb Clarke
- Fehi Fineanganofo
- Leroy Carter
- Josh Moorby
- Will Jordan
- Rieko Ioane
- Emoni Narawa
Nie beskikbaar weens beserings: Tamaiti Williams, Scott Barrett en Leicester Fainga’anuku.
