Moord vir wins

Radovan Krejcir in 2015 in die aanhoudingselle van die landdroshof in Germiston.
Radovan Krejcir in 2015 in die aanhoudingselle van die landdroshof in Germiston. Foto: Gallo Images.

Die moderne huurmoordbedryf het sy wortels in Johannesburg se berugte “bouncer-mafia” van die laat 1980’s en vroeë 2000’s.

Wat as sekuriteit vir nagklubs begin het, het vinnig ontwikkel in georganiseerde sindikate wat dwelmhandel, afpersing en beskermingsgeld beheer het.

Teen 2010 het ’n nuwe era aangebreek toe Radovan Krejcir, die Tsjeggiese misdaadbaas, hom in Bedfordview gevestig het. Die sluipmoord op Lolly Jackson, die Teazers-stigter, op 3 Mei 2010, het ’n golf van berekende moorde ontketen, waarin onderwêreldfigure, sakelui en voormalige vennote uitgeskakel is.

Volgens die Global Initiative Against Transnational Organized Crime (GI-TOC) het Suid-Afrika se huurmoordmark intussen hoogs winsgewend geraak, met professionele “inkabi” (’n term uit Zoeloe vir ’n huurmoordenaar of iemand wat geld betaal word om iemand uit te haal.)

  • Lees die volledige artikel in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie