Berigte of artikels oor woelinge in Afrikaanse kerke ontlok telkens kommentaar. Soms alte skerp kommentaar. Dit kom voor of die NG Kerk, die Hervormde Kerk en die Gereformeerde Kerke net die nuus haal wanneer meningsverskille oor die vrou in die amp en gays na die oppervlak borrel.
Dit geld ook vir kerke in die buiteland. Trouens, wêreldwyd het groot denominasies al oor gays en die vrou in die amp van leraar geskeur en is daar voortgaande debatte.
Hierdie is dus nie ’n saak wat tot Afrikaanse gereformeerde (let op die klein g) kerke beperk is nie.
- Lees Johannes Froneman, ’n lidmaat van die NG kerk Kleinmodn, se volledige skrywe in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
