‘Bietjie probleme’ noop Sharks om veranderinge aan te bring vir All Blacks-kragmeting

Ma’a Nonu sal vir die Sharks in aksie wees teen die All Blacks. Foto: X/SharksRugby
Ma’a Nonu sal vir die Sharks in aksie wees teen die All Blacks. Foto: X/SharksRugby

Die Sharks sal sonder Springbok-losvoorspeler Vincent Tshituka wees vir hul kragmeting teen die All Blacks Dinsdagaand in Durban.

Afrigter JP Pietersen het Maandag aan die media bevestig dat Tshituka ’n harsingskudding opgedoen het en daarom uit die groep onttrek is. Tshituka is aanvanklik as een van die plaasvervangers vir die wedstryd aangewys.

Daar is ook ’n verdere verandering aan die span met Deon Slabbert wat Emile van Heerden in die beginspan vervang.

Pietersen het verduidelik dat die span verskeie jong spelers insluit omdat daar tans talle beserings in die kamp is.

“Ons het ’n bietjie probleme by loskopstut en dan het ons ook probleme met slotte,” het Pietersen gesê.

Debuut vir ’n veteraan

Oud-Kiwi Ma’a Nonu is ook gereed om sy Sharks-debuut teen die All Blacks in Durban te maak nadat hy in die wedstryddaggroep van 23 vir Dinsdag se Rugby’s Greatest Rivalry (RGR)-kragmeting ingesluit is.

Die 44-jarige voormalige All Black het groot lof ontvang van die Nieu-Seelandse slot Patrick Tuipulotu.

Tuipulotu, wat die All Blacks in Vrydag se 38-21-oorwinning oor die Stormers aangevoer het, het Nonu se professionaliteit geloof. Hy het gesê dit is juis Nonu se professionele benadering wat daartoe bygedra het dat die rugbylegende op 44-jarige ouderdom op die bank kan wees teen sy voormalige nasionale span.

Wedstrydbesonderhede

Die kragmeting tussen die Sharks en die All Blacks vind Dinsdag by Hollywoodbets Kings Park in Durban plaas, met afskop om 19:00 Suid-Afrikaanse tyd (05:00 Woensdagoggend op die Nieu-Seelandse vasteland).

Bespreek kaartjies by Springboks. Daar is ook Park & Ride-kaartjies vir die geleentheid beskikbaar.

Sharks se opgedateerde span teen die All Blacks

  • 15 Zekhethelo Siyaya
  • 14 Donovan Don
  • 13 Jurenzo Julius
  • 12 Murray Koster
  • 11 Litelihle Bester
  • 10 Vusi Moyo
  • 9 Bradley Davids
  • 8 Nick Hatton (kaptein)
  • 7 Emmanuel Tshituka
  • 6 Phepsi Buthelezi
  • 5 Deon Slabbert
  • 4 Hendrè Stassen
  • 3 Vincent Koch
  • 2 Eduan Swart
  • 1 Nemo Roelofse

Plaasvervangers

  • 16 Liam van Wyk
  • 17 Rambo Kubekha
  • 18 Simphiwe Ngobese
  • 19 Corne Rahl
  • 20 Matt Romao
  • 21 Ivan van Zyl
  • 22 Luan Giliomee
  • 23 Ma’a Nonu

All Blacks

  • 15 Damian McKenzie
  • 14 Fehi Fineanganofo
  • 13 Quinn Tupaea
  • 12 Jordie Barrett
  • 11 Caleb Clarke
  • 10 Ruben Love
  • 9 Kyle Preston
  • 8 Wallace Sititi
  • 7 Luke Jacobson (kaptein)
  • 6 Tupou Vaa’i
  • 5 Sam Darry
  • 4 Josh Lord
  • 3 Fletcher Newell
  • 2 Asafo Aumua
  • 1 Ethan de Groot

Plaasvervangers

  • 16 Bradley Slater
  • 17  Ollie Norris
  • 18 Pasilio Tosi
  • 19 Ethan Blackadder
  • 20  Semisi Ta’eiloa
  • 21 Cam Roigard
  • 22 Timoci Tavatavanawai
  • 23 Emoni Narawa

Bykomende bronne: KickOff, ESPN


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos