Vandag in die nuus

Winter-wonderwêreld, maar so verradelik vir voertuie. Foto: X
Winter-wonderwêreld, maar so verradelik vir voertuie. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 10 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

Vinnige en veelsydige Jaco Williams gaan tot 2030 saam met die Haaie op die rugbyveld ‘swem’

#SneeuNuus RTMC versoek motoriste om uiters versigtig te wees en nie-noodsaaklike reise uit te stel, erge winterweer ontwrig steeds padtoestande in verskeie provinsies ontwrig

Stiefpa (24) in hegtenis geneem vir grusame moord op vierjarige seuntjie naby Hertzogville

Ysige toestande en swak weer beïnvloed vanmiddag dele van die N3-tolroete, terwyl die terugkeer van vakansieverkeer in ’n noordelike rigting na Gauteng toeneem ná die Vrouedag-langnaweek

#SneeuNuus Verskeie motoriste gestrand na sluiting van drie bergpasse in O-Kaap, motoriste word dringend versoek om padsluitings te gehoorsaam vir eie veiligheid

ANC in Gauteng betreur afsterwe van Mzikayifane Elias Khumalo, beter bekend as Mzi, nadat hy vroeg Maandagoggend tuis inmekaargesak het

Intelligensiegedrewe operasie het tot drie inhegtenisnemings gelei nadat boer glo tydens oornagaanval op sy eiendom in Cullinan gemartel en beroof is

#MadlangaKommissie Fadiel Adams kan Dinsdag taai vrae te wagte wees oor ongemagtigde openbaarmaking van geklassifiseerde staatsdokumente en bewerings van sistemiese korrupsie binne SA- strafregstelsel

Polisie het vuurwapens wat Vrydagaand van twee vermoorde polisielede in Reiger Park, Boksburg, gesteel is, naby Germiston gevind

#SneeuNuus Swaar sneeuval het dele van Impendle buite Pietermaritzburg bedek, owerhede maan motoriste om uiters versigtig te wees

Adv. Lisa Koppel Gundelfinger, vrou van sanger Danny K en ma van 2 seuns, is in die ouderdom van 41 oorlede, omstandighede van haar dood nog nie bekend nie

2 verdagtes sal Dinsdag in Lichtenburg-hof verskyn in verband met 14 boerbokke ter waarde van R28 000 wat vermoedelik gesteel is

#SneeuNuus Grensposte by Sani-pas, Kwaggasnek en Boesmansnek gesluit, so ook Penhoek-pas, met swaar neerslae by Aliwal-Noord, Jamestown en Komani

Twee verdagtes in Johannesburg vasgetrek nadat polisie beslag gelê het op vervalste goedere: 991 olyfolieprodukte met straatwaarde van nagenoeg R79 280

R617-roete tussen Underberg en Kokstad in KZN nou gesluit vanweë swaar sneeuneerslae

Deon Fourie (39) ingesluit by die Bok-span vir die toetsreeks teen die All Blacks

Internasionale nuus

Trump het bekendgemaak dat Will Scharf, Withuis se personeel-sekretaris wat toesig hou oor sy vloei van inligting, papierwerk en uitvoerende bevele, vanaf 1 September volgende Withuis-raadgewer sal wees

Sweedse Veiligheidsdiens het glo Russiese intelligensie-operasie verydel wat daarop gemik was om Swede se beeld te skaad, en waarby ’n “agent” betrokke was wat by buitelandse diplomatieke sending in Swede gewerk het

Aansienlike skade in Pereira, Colombië, aangemeld ná kragtige 7.2-aardbewing, geboue het ineengestort en mense na bewering onder die puin vasgekeer

20 jaar gelede het Andy Green landspoedrekord van 563.4 km/h met dieselaangedrewe motor opgestel, nou mik hy vir nóg beter rekord – maar Dinsdag sal dit met waterstofbinnebrandenjins gepoog word

#Indië Inspekteurs lê beslag op 18 000 bokse Diageo-drankbottels want nodige merktekens om aan te dui dat dit van veilige herwinde plastiek vervaardig ontbreek, ook gemaan oor integriteit van whiskey in “in Amerikaanse eikehoutvate verouder”

Volgens aanklaers sal Duane “Keffe D” Davis (63) wat glo die 1996-moord op die rap-ikoon Tupac Shakur georkestreer het, Maandag verhoor word, byna 30 jaar ná die noodlottige deurry-skietery in Las Vegas

Enkele dae nadat hy as president ingesweer is, is 6 Colombiaanse rebelle in ’n “duidelike boodskap aan alle kriminele in die land” deur president Abelardo de la Espriella se nuwe regering doodgemaak

Russiese hommeltuigaanval op kinderboekuitgewer Ranok se pakhuis in Kharkiv op 1 Aug het sowat 8 miljoen boeke vernietig, die grootste terugslag nóg vir Oekraïne se uitgewersbedryf tydens 4-jaar lange oorlog

12 dood, 39 beseer in Oekraïense hommeltuigaanval op die Russiese stad Nizjnekamsk

Iran glo naby aan finale ooreenkoms met Oman oor nuwe skeepvaartroetes tussen dié twee lande deur Straat van Hormoes, maar herhaal dat VSA aan ander voorwaardes moet voldoen

Manuel Hernandez (46) op 13 aanklagte van roekeloosheid in hegtenis geneem ná ma (27) en vyf maande oue baba sterf toe snelboot onder sy beheer naby Vryheidstandbeeld in NY-hawe omgeslaan het

Ondersoek toon dat Brittanje se nuwe vloot spioenasiehommeltuie wat sedert Maart aktief is, in die geheim inligting van dié hommeltuie se hoofkamera na China gestuur het

Met-polisie in VK lê beslag op 90 vuurwaens van meer as £8 m, waaronder beperkte-uitgawe Ferrari Monza SP2 (£3,7 m) tydens operasie wat fokus op onversekerde bestuurders & gevaarlike, anti-sosiale bestuursgedrag

‘Lyk in tas’ in landelike gebied van Australië toe al die tyd lewensgetroue pop met klere, hare en selfs ’n neusring!

Dit gons behoorlik aanlyn ná Mark Zuckerberg se $300 m-superjag nie reageer het op herhaalde noodroepe van nabygeleë 21-voet lange boot in Alaska nie

Vrou (80) het in wegholveldbrand in Kanada gesterf toe sy probeer het om van die brand te ontsnap, meer as 20 000 mense is reeds uit die gebied in Brits-Columbië ontruim


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos