Bulls se nuwe wapen losgelaat

Curwin Bosch oefen vandeesweek in die reën by Loftus Versfeld voor sy buiging in die Bulls-trui Saterdag teen die All Blacks.
Curwin Bosch oefen vandeesweek in die reën by Loftus Versfeld voor sy buiging in die Bulls-trui Saterdag teen die All Blacks. Foto: Vodacom Bulls.

Midde die gure weer in Gauteng moes die Bulls steeds litte losmaak voor môre se wedstryd teen die All Blacks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die Bulls is gewapen met waarskynlik een van die giftigste nuwe skakelpare in die land: Curwin Bosch en Embrose Papier.

Hulle kan dalk net die All Blacks wys die Bloubul eet nie eers van ’n nat veld af nie. Ons het ook gaan kyk hoe lyk die infrastruktuur rondom die stadion.

TMPD: Veiligheidsplan gereed

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) sê hy is gereed vir Saterdag se kragmeting, maar wil nie besonderhede van die veiligheidsplan bekend maak nie.

Kol. Isaac Mahamba, ’n TMPD-woordvoerder, sê die aantal polisiebeamptes wat ontplooi word en die plan vir hul optrede is vertroulik.

Volgens Mahamba sal die TMPD en ander wetstoepassingsagentskappe gereed wees om enige misdaad tydens die geleentheid te hanteer, met die polisie wat die veiligheidsoptrede sal lei. Mahamba waarsku dat mense wat die geleentheid wil gebruik om misdaad te pleeg, met die volle mag van die gereg te doen sal kry.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie en nog talle ander rugbynuus in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos