Maak die Bokke almal Bulle? Rassie stuur 2 swaargewigte terug Bulls toe vir All Blacks-kragmeting

Bulls-voorspeler Elrich Louw.
Bulls-voorspeler Elrich Louw. Foto: Facebook/Bulls.

Dat dié Bulls-span wat die All Blacks die stryd moet aansê, is gewis. Groot name soos Willie le Roux, Marcell Coetzee en die vuurwarm Embrose Papier sal almal môreaand op Loftus Versfeld teen die Kiwi’s uitdraf.

Nou is dié span met nog twee Bok-brekers versterk. Springbok-afrigter Rassie Erasmus het Elrigh Louw en Johan Grobbelaar vir die wedstryd beskikbaar gestel.

Die twee sal van die plaasvervangerbank af speel, aangesien hulle ná hul terugkeer uit Argentinië, waar die Springbokke verlede Saterdag teen die Pumas gespeel het, slegs een oefensessie saam met die span gehad het.

“Dit is wonderlik om hulle by ons te hê, en ons sien uit na die uitdaging,” het Bulls-afrigter Johan Ackermann gesê.

Saterdag se wedstryd skop om 19:00 af.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos