‘Die rots in jou pad’
Grandi Theunissen, tot onlangs die VF Plus se koukusleier in die Tshwane-metro, het ’n Facebook-plasing gemaak waarin hy volgens ingeligtes kripties na die situasie verwys waar hy glo as koukusleier “uitgedruk” is om plek te maak vir die nuwe leier, Peter Meijer, en Willie Spies, die burgemeesterskandidaat: “Soms rol mense met kwade bedoelings ’n massiewe rots in jou pad. Dit lyk miskien maklik om dit net uit die weg te stoot sodat jy kan vorentoe beweeg . . . maar wat as jy weet daardie rots gaan bo-oor jou getroue vriende rol en hulle verwoes?
“ ’n Eerlike mens en ware leier kies nooit sy eie vinnige bevryding as dit beteken hy vertrap diegene wat getrou aan hom is nie. Hy wag. Hy neem sy mense in ag tot die tyd ryp is en almal veilig is.
“Aan elkeen wat vandag moedeloos, kwaad of verdruk voel deur ander se moedswilligheid: Diegene wat die rots daar gesit het, juig dalk nou. Maar moenie moedeloos word nie – weet dat geregtigheid sal geskied. God se genade en tydsberekening stel nooit teleur nie en die swaartekrag van hul eie dade sal uiteindelik daardie rots laat terugrol.
“Bly standvastig en vertrou. – Grandi Theunissen”
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
