Vandag in die nuus

Leandro Paredes. Foto: X
Leandro Paredes. Foto: X

Hier is die hoofnuus wat vandag, 21 Augustus, gebeur het. Dié artikel bevat die belangrikste nuus wat plaaslik, in die sportwêreld en oorsee plaasgevind het.

Plaaslik

#Curriebeker Die Griekwas het die Pumas met 38-14 op hul tuisveld afgeransel, bly bo-aan die punteleer van die huidige seisoen

Kragopwekking by Koeberg-eenheid 1 tot 50% verlaag as roetine-veiligheidsmaatreël nadat verkoelingspomp outomaties afgeskakel het weens ophoping van mariene materiaal in seewater-inlaatgebied

Universiteit van KZN waarsku dat enigiemand wat betrokke bevind word by uitlek van Julie-regseksamens dissiplinêr aangekla kan word & dat kwalifikasies teruggetrek kan word

Man (47) van Boschkop wat daarvan beskuldig word dat hy sy meisie doelbewus met MIV besmet het, op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl hy teregstaan op aanklag van poging tot moord

Al die bedrog- en korrupsieklagte teen 7 senior misdaadintelligensiebeamptes, insluitend generaal Dumisani Khumalo, is sonder enige voorwaardes teruggetrek

#FIHWêreldbeker SA-mans het die Franse 3-1 geklop, doele aangeteken deur Musthapaa Cassiem (2 doele) en Dayaan Cassiem (1)

#FIHWêreldbeker SA-vroue het gelykop gespeel teen Japan, eindtelling 1-1 met Mokoena Ntsopa wat SA se doel aangeteken het

#OperationProsper Twee verdagtes (27 & 47 jaar oud) in Overcome Heights naby Muizenberg vasgetrek met 700 mandrax-tablette en 159 pakkies tik in hul besit, 3de verdagte in dieselfde straat met 226 mandrax-tablette en 60 pakkies tik betrap

City Power-sekuriteitsbeamptes het 2 buitelandse burgers (45 en 44 jaar oud) vasgetrek toe hulle glo betrap is terwyl hulle ’n transformator by Rivonia- en Chislehurtonweg in Sandhurst uitmekaar gehaal het

Mandla Matiwane en Mandla Tyololo, voormalige Knysna-raadslid & taxibaas wat vrygespreek is van sameswering om ANC-raadslid Victor Molosi te laat vermoor, Donderdagaand doodgeskiet

Dean Macpherson, minister van openbare werke en infrastruktuur, vra vir strafregtelike klagtes waar bourampe deur nalatigheid veroorsaak is

#FIHWêreldbeker SA vroue kom Vrydag 09:30 teen Japan te staan terwyl SA mans 11:00 vir Frankryk die stryd gaan aansê

Diesel ter waarde van R1 miljard ‘op boeke’ maar nog nie afgelewer nie alhoewel Eskom terugkap en sê dit is ‘beskikbaar’

Internasionaal

FBI sê beweerde terreurplan om NY-hoofstad in Albany te teiken, gefnuik ná 35-jarige vrou wat trou aan ISIS gesweer het, materiaal om bomme te vervaardig by hardewarewinkel gekoop het

Argentynse middelveldspeler Leandro Paredes met $90 000 beboet en vir 10 internasionale wedstryde geskors weens sy gedrag ná sy land se nederlaag teen Spanje in WB-eindstryd

Nathan Cofnas, Amerikaanse akademikus wat voormalige Cambridge-professor Jason Arday van plagiaat beskuldig het, uit sy pos by Belgiese universiteit geskors

Liberië het voormalige vise-president Jewel Howard-Taylor aangekla van dwelmhandel, geldwassery en reeks ander oortredings as deel van ondersoek na beweerde transnasionale dwelmhandelnetwerk

Prins Harry en ander gelas om £9,5 miljoen (sowat $13 miljoen) van Daily Mail se aanvanklike regskoste te betaal

Turkye het internasionale arrestasiebevel vir Israel-premier Netanyahu uitgereik as deel van ondersoek na Israel se onderskepping van hulpvloot onderweg na Gaza

Russiese aanvalle het afgelope 6 maande meer as 300 vulstasies in Oekraïne beskadig of vernietig, sê minister van energie, Denys Shmyhal

Mexikaanse vloot red 2 vissers wat 5 dae lank binne-in reuse-koelhouer wat meer as 100 myl van Mexiko se kus sonder kos of water in Stille Oseaan rondgedobber het

Iranse president, Masoud Pezeshkian, het Vrydag gesê dit is tyd om maande lange oorlog in Midde-Ooste met VS te beëindig, omdat Teheran volgens hom in sterker posisie as Washington is

Ethel Caterham, wat vandag 117 jaar oud is, is wêreld se oudste persoon en 1ste Brit wat volgens rekords dié ouderdom bereik het, haar sus Gladys Babilas was 104 jaar & 78 dae oud toe sy in 2002 gesterf het

VSA-vloot gaan dalk naam van vliegdekskip wat na Doris Miller vernoem sou word vir heldhaftige optrede tydens Pearl Harbor-aanval, te verander en dat dit glo na Trump vernoem gaan word

Vyf vermis, 19 beseer ná twee woonstelblokke in Thusis (Switserland) kort na middernag in vlamme uitgebars het

Bitcoin het Vrydag met meer as 5% gestyg – vir 3de agtereenvolgende dag, aangevuur deur optimisme oor VSA-wetgewing oor kriptogeldeenhede en tesourie se onverwagse besluit om meer van sy eie effekte terug te koop

Meer as 50 mense, waaronder 40 kinders, het verdrink toe oorlaaide boot het in noordweste van Nigerië se Sokoto-staat omgeslaan het

Die jurie het Donderdag gehoor hoe Duane “Keffe D” Davis in 2008 vir speurders gesê het dat sy neef, Orlando “Baby Lane” Anderson, die skote afgevuur het wat Tupac Shakur gedood het

Polisie het 123 stelle McLaren F1-Lego (wat sowat $230 per boks kos) in verlate paneelwa in Kaliforniese woestyn gevind, vermoede bestaan dié Lego-stelle is tydens onlangse treinroof gebuit

Japan het Vrydag ’n protes by Rusland ingedien nadat Moskou Tokio in kennis gestel het van planne om missieltoetse naby betwiste eilande uit te voer, Poetin was vroeër vandeesmaand daar

Nancy Kissinger (92), vrou van ontslape voormalige Amerikaanse minister van buitelandse sake, Henry Kissinger, is glo Donderdag in South Kent, Connecticut, oorlede

Jongste verhoor oor dood van Argentynse sokkerlegende Diego Maradona opgeskort ná bewerings dat niertoetsuitslae wat aan hof voorgelê is, eintlik van sy pa afkomstig was

Agt mense is dood nadat gehuurde Cessna 441 Donderdag by ’n afgeleë militêre radarstasie in die weste van Alaska neergestort het

Japan het Vrydag man wat skuldig bevind is aan brandstigtingsaanval op speletjies-arkade in Osaka in 2009 waartydens vyf gesterf het, gehang

Troeteldier-tarot ’n groeiende nisdiens by waarsêerswinkels in S-Korea danksy toenemende troeteldiereienaarskap in die land met laagste geboortesyfer ter wêreld


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos