Met hul oorwinning van 33-16 oor die Springbokke op Ellispark Saterdag, is die All Blacks weer die wêreld se nr. 1-span.
Nieu-Seeland het die Springbokke met vyf drieë teen een uitgestof en loop nou voor in die Greatest Rivalry-reeks met 1-0, met nog drie toetswedstryde om te speel.
Nieu-Seeland het 1,75 punte op die wêreldranglys verdien vir hul oorwinning met 17 punte, terwyl die Springbokke 1,75 punte verloor het.
Dit beteken die All Blacks skuif op na 94,03 punte, terwyl die Springbokke terugval na 92,21.
Die nr. 1-posisie op die Wêreldrugbyranglys sal waarskynlik nog verskeie kere gedurende die reeks verander. Glo ons.
Wêreldrugbyranglys
- (+1) Nieu-Seeland 94,03 (+1,75)
- (-1) Suid-Afrika 92,21 (-1,75)
- Ierland 88,08
- Frankryk 87,43
- Engeland 85,68
- Skotland 84,78
- Argentinië 83,13
- Australië 82,67
- Fidji 78,00
- Wallis 76,38
