AfriForum en March vry na mekaar

Kallie Kriel en Jacinta Ngobese-Zuma tydens hul eerste vergadering.
Kallie Kriel en Jacinta Ngobese-Zuma tydens hul eerste vergadering. Foto: Verskaf.

March and March, ’n organisasie wat mense teen onwettige immigrante mobiliseer, wil ’n regs- en moontlik privaatvervolgingseenheid op die been bring, en vertrou AfriForum sal daarmee kan help.

Die twee organisasies, wat op die oog af onwaarskynlike bondgenote is, het onlangs ’n gesamentlike werkgroep gestig. Dit kom nadat Jacinta Ngobese-Zuma, March and March se stigter, en Kallie Kriel, AfriForum se uitvoerende hoof, met afvaardigings van die twee groepe vergader het.

Sandile Dube, March-woordvoerder, sê dié beweging se nuwe SA First-forum is doelbewus op AfriForum se model geskoei en beoog ook ’n private vervolgingseenheid.

“(AfriForum) het nie doekies omgedraai toe hulle gestig is om te sê hulle gaan hoofsaaklik omsien na die belange van Afrikaners nie . . . die SA First-forum is vir alle Suid-Afrikaners, maar dit kyk spesifiek na die swart gemeenskap wanneer dit by litigasiekwessies kom.”

Volgens Dube het die organisasie ook die M and M-stigting op die been gebring en beoog om sy fokusse uit te brei na meer as onwettige immigrante.

Ander beoogde fokusse sluit in: geslagsgebaseerde geweld; dwelmhandel; mensehandel; die rehabilitasie en herintegrasie van misdaadslagoffers; en misdaadvoorkomingsprogramme.

March het vanjaar se 30 Junie-protesoptogte teen onwettige immigrante gelei.

  • Lees volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos