Wenbrief van die week: Moenie kwesbares se geld só gebruik nie

Aftree.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Die regering hou vol daarmee om pensioenfondse aan te moedig om in openbare infra­struktuurprojekte te belê. Daar is egter duidelike bewyse dat, aangesien dit openbare infra­struktuur is, hierdie beleggings­interaksie met staatsamptenare noodsaak – wat almal ellendige prestasierekords het.

Van besondere kommer is die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se ongenoteerde portefeulje, wat die toneel was van uiters korrupte transaksies.

Dit het gelei tot verliese van miljarde rande. In die boekjare 2023-’24 was daar ’n onderprestasie van ongeveer 4,9%.

Ander staatsverwante fondse met soortgelyke markblootstelling het beduidend beter gevaar. Hoe gebeur hierdie dinge by ’n finansiële dienste­verskaffer?

Word die direkteure en ander sleutelfigure verantwoordbaar gehou? Dit is duidelik dat pensioengeld indirek blootge­stel is aan reddingspogings van staatsondernemings en ander ontwikkelingsprojekte.

Kritici wys daarop dat dit eerder fiskale of politieke druk verlig as om primêr aftreebelange te beskerm.

Dit is fundamenteel gebrekkig; politieke prioriteite behoort deur belastinggeld nagestreef te word.

Nie deur die geld van die mees kwesbare in die samelewing, naamlik pensioentrekkers te gebruik nie.

  • Hardus Mynhardt, Mosselbaai

Skryf aan Die Papier om deel te neem aan dié gesprek en vele ander:

lesers@diepapier.co.za

Briewe moet die skrywer se naam, adres en kontaknommer bevat. Die Papier publiseer nie briewe wat reeds elders verskyn het nie.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos