Johannesburg: Verrotting ’n ‘nasionale krisis’

Die CDE het in ’n reeks ondersoeke gevind dat Johannesburg in ’n finansiële afwaartse kronkel vasgevang is.
Die CDE het in ’n reeks ondersoeke gevind dat Johannesburg in ’n finansiële afwaartse kronkel vasgevang is. Foto: Mark Lewis.

Ondernemings en beleggers hou asem op om te kyk watter administrasie ná die plaaslike verkiesing Johannesburg sal oorneem. As die metro met nóg ’n weergawe van sy huidige politieke bestel sit, sal baie van hulle waarskynlik moed opgee en hul geld elders neem, waarsku prof. Alex van den Heever, regeringskenner.

“Wat ons waarskynlik gaan beleef, is ’n netto verlies aan ekonomiese vermoë in Suid-Afrika . . . Dit sal ’n ramp wees as Johannesburg op hierdie pad aanhou.” Johannesburg is Suid-Afrika se ekonomiese en finansiële spilpunt. Belastingbetalers in dié stad is verantwoordelik vir meer as 21% van die land se persoonlike inkomstebelasting.

Volgens Ann Bernstein, direkteur van die Centre for Development and Enterprise (CDE), is Johannesburg ook die vernaamste ekonomiese toegangspoort tot die wêreld.

“As Johannesburg misluk, kan ’n ander stad nie eenvoudig sy plek inneem nie,” het sy aan Die Papier gesê. “Kaapstad of Durban kan nie Johannesburg se ekonomiese rol, infrastruktuur, ondernemings en werkgeleenthede absorbeer nie.

“Johannesburg se agteruitgang hou daarom ’n nasionale ekonomiese risiko in. Wat met dié metro gebeur, sal gevolge ver buite sy munisipale grense hê.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos