Kosinflasie val, maar Suid-Afrikaners word steeds net al hoe armer

Inkopies.
Foto: Adobe Stock.

Volgens Mervyn Abrahams, ’n woordvoerder van die Pietermaritzburg Economic Justice and Dignity Group (PMBEJD), is kos een van verskeie huishoudelike uitgawes – en dikwels waar verbruikers eerste sny.

Die PMBEJD se huishoudelike-voedselmandjie-indeks wys die koste van ’n basiese mandjie kan aansienlik tussen dorpe en stede verskil. In kleiner dorpe kan kos duurder wees omdat produkte oor langer afstande vervoer moet word en kleinhandelaars kleiner volumes aankoop.

Springbok is ’n goeie voorbeeld. Hoewel maandelikse pryse kan wissel, is die mandjie oor langer tydperke dikwels duurder as in groter sentrums.

Abrahams waarsku egter dat maandelikse stad-tot-stadskommelinge nie oorgeïnterpreteer moet word nie. Een maand kan die prys in ’n dorp skerp styg omdat ’n kleinhandelaar voorraad teen hoër vervoerkoste moes aanvul, net om die volgende maand weer te daal. Die groter prentjie is volgens hom dat afstand, vervoer en volumes ’n belangrike rol speel in wat verbruikers betaal.

  • Lees die volledige storie oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos