’n Derde van kiesers voel deesdae vere

Peiling.

Prof. Dirk Kotzé, ’n politieke ontleder, waarsku daarteen om alle kiesers oor dieselfde kam te skeer: “Die probleem is met jongmense, nie met ouer mense nie. Daar’s ’n direkte korrelasie tussen ouderdom en deelname aan die verkiesing.”

Minder as die helfte van 18- tot 24-jariges is geregistreer om te stem. Harris sê jong mense is die ouderdomsgroep waarin die grootste deel nog nie geregistreer is nie en dat dit sleg vir die demokrasie is.

Hy sonder ook die volgende interessanthede uit:

  • Die EFF se steun het min verander vergeleke met sy vorige verkiesingsprestasie, terwyl die MK Party se peilingsyfer volgens hom ook naby sy 2024-steunvlak bly.
  • Daar is ’n geografiese verskuiwing in EFF-steun na Mpumalanga, terwyl die MK daar swakker lyk as in 2024. “Een van die belangrike faktore vir die EFF is dat hulle primêre steun altyd in Gauteng was. Nou lyk dit asof dit geskuif het na Mpumalanga,” sê Kotzé.
  • Die DA kry onder 50% in Kaapstad. “Dit lyk asof die DA in Kaapstad 46% kry – nie ’n meerderheid nie. Dis omdat die PA moontlik genoeg steun van die DA se tradisionele basis wegtrek,” aldus Kotzé.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos