Nuwe private lughawe in Kaap-metro wyk glo van bouplanne af

’n Kunstenaarsvoorstelling van loodse by die Atlantic Aerodrome-lughawe.
’n Kunstenaarsvoorstelling van loodse by die Atlantic Aerodrome-lughawe. Foto: Atlantic Aerodrome.

Bouwerk aan ’n beoogde lughawe van honderdmiljoene rand in die Kaapstad-metro­ het reeds begin – sonder goed­gekeurde bouplanne.

Die Kaapstadse metroraad het die ontwikkelaar van die Atlantic Aerodrome tussen Kalbaskraal en Philadelphia opdrag gegee om alle onwettige bouwerk te staak nadat inspekteurs bevind het dat bouwerk van die ingediende planne afwyk.

Dis onduidelik wanneer dié bouwerk begin het.

Die Atlantic Aerodrome langs die N7 word bemark as ’n luukse, private lughawe vir algemene lugvaart en wat ligte vliegtuie, stralers en helikopters kan bedien en ook ruimte aan vliegskole en vliegtuig-instandhoudingsondernemings sal bied.

Volgens Atlantic Aerodrome se webwerf sal die lughawe op 31 Oktober met ’n aanloopbaan van sowat 1 241 m open.

Die ontwikkeling sluit ook loodse vir vliegtuie, ’n restaurant, kroeg en terras met ’n uitsig oor die aanloopbaan in.

Een van die groot trekpleisters volgens Atlantic Aerodrome is die taamlik ligte verkeer op die N7 en dat die Kaapse middestad “binne ’n halfuur” per motor bereik kan word.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos