Bouwerk aan ’n beoogde lughawe van honderdmiljoene rand in die Kaapstad-metro het reeds begin – sonder goedgekeurde bouplanne.
Die Kaapstadse metroraad het die ontwikkelaar van die Atlantic Aerodrome tussen Kalbaskraal en Philadelphia opdrag gegee om alle onwettige bouwerk te staak nadat inspekteurs bevind het dat bouwerk van die ingediende planne afwyk.
Dis onduidelik wanneer dié bouwerk begin het.
Die Atlantic Aerodrome langs die N7 word bemark as ’n luukse, private lughawe vir algemene lugvaart en wat ligte vliegtuie, stralers en helikopters kan bedien en ook ruimte aan vliegskole en vliegtuig-instandhoudingsondernemings sal bied.
Volgens Atlantic Aerodrome se webwerf sal die lughawe op 31 Oktober met ’n aanloopbaan van sowat 1 241 m open.
Die ontwikkeling sluit ook loodse vir vliegtuie, ’n restaurant, kroeg en terras met ’n uitsig oor die aanloopbaan in.
Een van die groot trekpleisters volgens Atlantic Aerodrome is die taamlik ligte verkeer op die N7 en dat die Kaapse middestad “binne ’n halfuur” per motor bereik kan word.
- Lees die volledige artikel oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
