Bok hulle op!

Die Springbokke se skrumskakel Morné van den Berg is met ’n plek in die beginspan vir sy puik spel in Soweto beloon.
Die Springbokke se skrumskakel Morné van den Berg is met ’n plek in die beginspan vir sy puik spel in Soweto beloon. Foto: Floris van Schouwenburg, Gallo Images.

Beheer die Springbokke wéér die skrums in Baltimore in die vierde en beslissende toets in die Greatest Rivalry-reeks is die All Blacks se doppie so te sê geklink.

Die skrum is Suid-Afrika se grootste wapen en ’n moedelose Dave Rennie soek steeds ’n teenvoeter. Ardie Savea, All Black-kaptein, se skouerbesering is ’n gevoelige slag.

So ook die beserings aan Quinn Tupaea en Luke Jacobson.

Die oud-Springbok Naas Botha het op die Drop In-podsending op YouTube gesê daar is nou te min tyd om die skip om te draai. “Jy kan nie in drie of vier dae foute regmaak nie. Die All Blacks moet nou hul vaste vyf goed bestuur.

“Daar is seer lywe ná Saterdagaand se wedstryde. Dit was ’n lang vlug Washington toe, die ouens moet almal rus en herstel.”

Alles verloop ook nie heeltemal klopdisselboom vir die Bokke nie . . .

  • Lees alles oor die Bokke se laaste Greatest Rivalry-toets én ander sportnuus in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos