Dis ons droom vir Kimberley se mense, sê Bergh

Clinton Swart en George Whitehead.
Clinton Swart en George Whitehead. Foto’s: Dirk Kotze, Gallo Images.

Die droogte is verby. Die droom het ’n werklikheid geword.

Met dié woorde het Griekwas hul oorwinning oor die Leeus in verlede jaar se Curriebeker-eindstryd opgesom.

Griekwas verdedig hul titel môremiddag in Kimberley. Pieter Bergh, Griekwas se afrigter, het aan Die Papier gesê hoe belangrik dit vir hulle is om ’n eindstryd op hul tuisveld aan te bied. “Verlede jaar het honderde ondersteuners ons – toe ons in Kimberley aangekom het nadat ons die eindstryd in Johannesburg gewen het – by die stadion ingewag.

“Dit was ’n ontvangs wat ons nooit sal vergeet nie. Van daardie dag af was dit ’n droom om vir die mense van Kimberley en die Noord-Kaap weer ’n eindstryd te gee. Ons wil vir ons ondersteuners wen om iets aan hulle te gee wat hulle vir die res van hul lewe sal onthou.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos