Zama zamas kan Kaapsehoop kelder

’n Hommeltuig-foto van die delwers. Die gebied is sowat 20 km van Kaapsehoop.
’n Hommeltuig-foto van die delwers. Die gebied is sowat 20 km van Kaapsehoop. Foto: Verskaf.

Die voortbestaan van die toeristedorpie Kaapsehoop hang in die weegskaal weens onwettige mynbedrywighede in die aangrensende Blouswael-natuur­reservaat.

Boonop leef van die inwoners in die dorp in vrees dat hul vei­ligheid, asook dié van die toeriste wat gereeld staptogte in die reservaat onderneem, bedreig word.

Die Blouswael-natuurreservaat is glo só geplunder dat dit feitlik nie gered kan word nie.

Boonop lyk dit asof die bedreigde blouswaels, wat hier voorgekom het “óf uitge­sterf”, óf gevlug het.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos