“Dit is tyd dat iewers gekyk moet word na wie werklik die vyfde beste span in Suid-Afrika is.”
Dit is die woorde van Pieter Bergh, die afrigter van die Griekwas, in ’n gesprek met Die Papier.
“In die laaste vyf kompetisies in Suid-Afrika het Griekwas elke keer in die eindstryd gespeel – drie keer in die SA Beker en twee keer in die Curriebeker. Ons het drie van daai eindstryde gewen.
“Ek voel daar moet ernstige gesprekke gevoer word oor ons posisie in SA Rugby, want soos sake nou staan, moet ons volgende jaar – ten spyte daarvan dat ons die verdedigende kampioene is – eers weer kwalifiseer om in die Curriebeker te speel.”
Voordat die ernstige gesprekke gevoer word, het Bergh se droom waarheid geword – ’n droom wat in 2022 ná ’n hartverskeurende eindstryd teen die Pumas posgevat het.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
