Pure Bok-lekkerte

Rassie Erasmus, die hoofafrigter van die Springbokke. Foto: Charmaine Visser.
Rassie Erasmus, die hoofafrigter van die Springbokke. Foto: Charmaine Visser.

Die Greatest Rivalry-reeks het gewys Rassie Erasmus, die afrigter van die Springbokke, het ’n wenresep met die voorspelers en nie almal gaan opgewasse wees in die oorblywende Nasies­kampioenskap-wedstryde nie.

Ná die Bokke se 3-1-sege oor Nieu-Seeland, glo Franco Smith, ’n voormalige hulpafrigter van die Bokke, Erasmus het ’n plan wat teen enige span sal werk. Smith en verskeie oud-Bokke het met Die Papier gepraat.

“Dit was sigbaar in hoe hy (Rassie) die All Blacks se vinnige spel teengewerk het deur hul voorspelers met die skrums en losgemale moeg te maak. Ierland en Frankryk beskik oor pakke groot voorspelers, maar Rassie se resep behoort hulle in toom te hou. Ek dink nie Italië se voorspelers sal teen die Bokke opgewasse wees nie.”


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos