Home » Oor ons

Sedert 2026

Gehalte-joernalistiek in Afrikaans

Vinnige skakels

Vind alles wat jy nodig het — van intekenopsies tot ons span se besonderhede.

Ontmoet die redaksionele span van Die Papier.

Bereik ons invloedryke Afrikaanse leserskap met jou boodskap.

Kry Die Papier digitaal, of by jou voordeur afgelewer.

Blaai deur ons argief van digitale uitgawes.

Stuur navrae, nuuswenke of terugvoering. Ons hoor graag van jou!

Meer oor ons

Die Papier is ‘n weeklikse nasionale koerant op die voorpunt van die week se nuus en die naweek se gebeure. Dit verskyn Vrydae.

Ons nooi oud en jonk op ‘n opwindende reis wat nuus, vermaak, leefstyl, sport, skole en nuusontledings van gehalte insluit.

Die Papier bevorder diskoers oor verskillende standpunte vir ‘n ingeligte leserskap. Ons voel sterk oor ‘n vrye media in ‘n regverdige samelewing, met ‘n sterk fokus op lesers se frustrasies en aspirasies – en is meermale ietwat omstrede.

Novus Media

Die Papier is ‘n publikasie van Novus Media, ‘n afdeling van Novus Holdings. Ons is daartoe verbind om betroubare, relevante nuus aan lesers oor Suid-Afrika heen in ‘n gedrukte formaat en aanlyn te lewer.

Novus Media publiseer 21 gratis plaaslike nuustitels oor die Kaapse Skiereiland, Boland, Oos-Kaap, Vrystaat en Noord-Kaap heen. Novus Media bereik elke week sowat 4 miljoen lesers aanlyn en in druk.

novanews.co.za is ons webwerf vir internasionale, nasionale en plaaslike nuus, in Afrikaans en Engels. Dit bied gratis toegang tot nuus vir ons diverse leserskap.

Deur Die Papier bied ons ‘n nasionale platform vir Afrikaanse nuus wat saak maak.

Ons missie is om ‘n volhoubare nuusmedia-onderneming te bedryf wat die behoeftes en belange van lesers en adverteerders bevorder. Terwyl ons gedrukte plaaslike koerant steeds relevante nuus van gehalte lewer, benut ons innoverende digitale platforms om optimale nuusinhoud te verseker vir ‘n diverse leserskap.

Die gewilde publikasies rooi rose, Soccer Laduma en Kick Off is ook publikasies van Novus Media.

Novus Holdings

Novus Holdings word al meer as ‘n eeu lank bedryf en is op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer. Novus Holdings is een van Suider-Afrika se grootste maatskappye op die gebied van drukwerk, uitgewery en verpakkingsvervaardiging. Onder leiding van André van der Veen, uitvoerende hoof, bied Novus uitgebreide oplossings vir kort, medium- en lang termyn drukbehoeftes, insluitend tydskrifte, kleinhandel-invoegsels, katalogusse, boeke, koerante, opvoedkundige materiaal en sekuriteitsprodukte.

Die maatskappy spesialiseer ook in volhoubare papierverpakking, sowel as sekuriteitsprodukte en etikette.

Die Papier is trots om deel te wees van hierdie nalatenskap van uitnemendheid in die Afrikaanse mediabedryf.

Ons missie

Ons missie is om betroubare nuus in druk en aanlyn te lewer wat ons lesers inlig, betrek en bemagtig. Ons is verbind tot die waardes van aanspreeklikheid, die ondersteuning van ons personeel, asook blywende verhoudinge met ons lesers en kliënte. Ons glo dat elke plaaslike streek gevier en erken moet word.

Ons doelstellings

  • Om onpartydige nuus en inligting te verskaf om mense te help om die wêreld rondom hulle te verstaan.
  • Om die uiteenlopende groepe van Suid-Afrika te weerspieël, te verteenwoordig en te dien, en sodoende plaaslike inwoners in alle lewensfere te bemagtig.

Ons waardes

Ons behandel alle mense met waardigheid en respek.

Ons is dapper in ons joernalistiek en staan bankvas vir die waarheid.

Ons bou vertroue deur eerlik en deursigtig te wees.

Ons weerspieël die diversiteit van Suid-Afrika.

Ons streef na die hoogste standaarde in alles wat ons doen.

Ons beskou nuwe tegnologie en kreatiewe oplossings as die sleutel tot volhoubaarheid.

Ons BEE-geloofsbriewe

Ons is trots op ons BEE-geloofsbriewe en verseker dat ons mediaplatform positief bydra tot Suid-Afrika se breër transformasiedoelwitte.

Korporatiewe bestuur

Missie, waardes en doelstellings

Ons missie is om onpartydige nuus en inligting te verskaf wat Suid-Afrikaners bemagtig om hul plek in die samelewing en die wêreld vol te staan. Ons weerspieël die diversiteit van die Suid-Afrikaanse samelewing, dien ons lesers, en ondersteun kreatiwiteit binne ons streke.

Ons leiderspan

Novus Media-bestuur

Esmé Smit

Hoofbestuurder van Novus Media

Neil Tapinos

Nasionale verkoopsdirekteur van Novus Media

Andries Venter

Bestuursrekeningkundige van Novus Media

Samantha Kroukamp

Bestuursrekeningkundige van Novus Media

Wynette King

Produksiebestuurder van Novus Media

Streeksbestuurders

Jeannine van Zyl

Hoofbestuurder: Vrystaat & Noord-Kaap

Bettie Giliomee-Rossouw

Hoofbestuurder: Oos-Kaap

Alet Ellis

Hoofbestuurder: Wes-Kaap & Bolan

Etiese kode

Novus Media vertoon trots die “Fair”-stempel van die Persraad van Suid-Afrika, wat ons verbintenis aandui om te voldoen aan die Kode van Etiek vir Druk- en Aanlyn Media. Ons verseker dat ons verslaggewing waarheidsgetrou, akkuraat en regverdig is.

Indien jy ‘n klagte oor ons nuusdekking wil indien, besoek asseblief die Persraad-webwerf, of stuur ‘n e-pos aan ons ombudsman, George Claassen, by mediaombudsman@novusmedia.co.za. Jy kan ook die Persraad kontak by 011 484 3612.

Volg ons aanlyn

Algemene vrae

Antwoorde op algemene vrae oor Die Papier, ons agtergrond en dienste.

Hoe teken ek in op Die Papier?

Vir huisaflewering klik op die knoppie “Huisaflewering” bo-aan die tuisblad. Die skakel vir die e-koerant is op die tuisblad

Wat kos ‘n intekening?

Huisaflewering kos vanaf R140 per maand. Die e-koerant kos R35 per uitgawe.

Wanneer word die koerant afgelewer?

Koerante word Vrydagoggende afgelewer. Dit is ook Vrydae in winkels te koop, waar dit vir etlike dae daarna op die rak sal bly.

In watter gebiede lewer julle af?

Ons lewer af in die groter metro-gebiede en sommige omliggende dorpe. Bel 087 353 1291 of stuur ‘n e-pos na diepapierintekening@onthedot.co.za om dekking te bevestig.

Hoe plaas ek ‘n advertensie?

Besoek ons ‘Adverteer’-bladsy vir tariewe en kontakbesonderhede, of stuur ‘n e-pos na advertensies@diepapier.co.za.

Hoe stuur ek ‘n brief aan die redakteur?

Briewe kan gestuur word na lesers@diepapier.co.za. Hou asseblief briewe korter as 300 woorde.