Afrikaanse Taaldag: Vinnige vingers en skerp taalvaardighede kraai koning by Woordmeesters-eindstryd

Die Woordmeesters-wedstryd se stel.
Die Woordmeesters-wedstryd se stel.

Die finale ronde van Woordmeesters het vandag by Akademia se Leriba-kampus plaasgevind, waar taalvaardigheid, algemene kennis en vinnige denke op die proef gestel is.

Die drie kategorieë – skoolleerders, studente en die publiek – het elk aan drie uitdagende rondes deelgeneem.

In die eerste ronde moes die topdrie-deelnemers hul spelvermoë wys. Deelnemers moes so vinnig moontlik ’n knoppie druk om die kans te kry om die gegewe woord te spel.

Die Woordmeesters-wedstryd.
Die Woordmeesters-wedstryd.

Die tweede ronde het deelnemers se taalvaardigheid verder getoets. Hulle het twee geleenthede gekry om spelfoute in sinne te identifiseer en anglisisme te vervang met die korrekte Afrikaanse idioom. Hulle het slegs 60 sekondes gehad om die korrekte sin op ’n witbord neer te skryf.

In die laaste ronde het deelnemers se algemene kennis behoorlik getel, met ’n Kahoot-vasvra waarin hul kennis van geskiedenis en minder bekende woorde getoets is.

Die gehoor is ook by die pret betrek en het verskeie geleenthede gekry om pryse te wen tydens vasvrae deur die beoordelaars.

Die beoordelaarspaneel het uit dr. Ansie Maritz, dr. George de Bruin, Sulene Pilon, Maureen van Helden en Karien Brits bestaan.

Die seremoniemeester, Su-an Müller-Marais, het die gehoor en deelnemers deurlopend vermaak met dieregeluide, snaakse staaltjies en interessante feite gekoppel aan die kompetisie.

Die middag het n lekker middagete en vermaak deur ’n akademia-sergroep gehad.

Die Woordmeesters-wenners:

Skoolleerders: Riaan Knoesen van Hoërskool Menlopark
Studente: Ildamarie Botha van die Universiteit van Pretoria
Publiek: Morné van Rooyen, nuusredakteur van Bloemfontein


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos