As jy na sosiale media kyk, sal jy dink Afrikaners is links of regs en niemand is in die middel oor nie.
Iemand aan die linkerkant skryf iets en duimpies word gekliek en die skrywer word op die skouer geklop vir ’n baie goeie standpunt wat “reg” is. Dan skryf iemand aan die regterkant ’n reaksie en die pryssangers klop weer daardie een op die skouer vir die “gebalanseerde” standpunt. In albei hierdie gevalle sal kommentare woorde insluit soos “woke, liberaal, ANC-gatkruipers, konserwatiewes, rassiste, k-boeties, Apartheidapologete, Volkstaters, hulle verlang na Apartheid en hulle is Trump-ondersteuners”. En dit is ’n lys van die publiseerbare reaksies.
- Lees Andries Cornelissen, ’n vryskutjoernalis van Pretoria, se volledige skrywe oor dié onderwerp in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
