Akademie vereer Walter Oltmann met erepenning

Walter Oltmann
Walter Oltmann

Walter Oltmann het die allure van ’n monnik wat stil sy gang gaan.

’n Stilte wat eweneens gestalte kry in die beelde wat hy tydsaam van staaldraad en aluminium weef – draadkonstruksies wat hibriede word, iewers tussen die lyf van ’n mens en die eksoskelet van ’n insek, monderings met metamorfose in gedagte.

Die beelde lees ’n mens kwalik as ’n soliede vorm. Uit fyn verweefde draadlyne vleg hy figure met ’n gevoel van deursigtigheid en ligtheid.

Loop jy om die beelde, skuif hulle visueel, iewers tussen swaar en veerlig.

  • Lees hierdie volledige artikel in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur ’n e-pos te stuur aan diepapierintekening@onthedot.co.za of skakel 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie