Alle paaie lei na Stellies vir reuse skolederby; Affies, Paul Roos meet kragte

Vanjaar sal daar 31 rugbywedstryde asook 17 hokkiewedstryde tydens dié byeenkoms plaasvind. Foto: King Price Derby Series/Facebook
Vanjaar sal daar 31 rugbywedstryde asook 17 hokkiewedstryde tydens dié byeenkoms plaasvind. Foto: King Price Derby Series/Facebook

Dit is dalk nog vroeg in die seisoen, maar twee van Suid-Afrika se voorste skolespanne sal reeds môre sake teen mekaar uitspook.

Die Afrikaanse Hoër Seunskool sal vir die eerste keer sedert 2015 na Stellenbosch reis om teen Paul Roos Gimnasium in ’n King Price Derby Series-wedstryd kragte te meet.

In 2015 was die hoofwedstryd tydens Paul Roos se rugbydag ter viering van sy 150ste bestaansjaar dié geleentheid.

Die eerstespanne het mekaar wel sedert 2022 elke jaar nog die stryd tydens die Noord/Suid- of Wildeklawer-toernooie gepak.

Vanjaar sal daar 31 rugbywedstryde asook 17 hokkiewedstryde tydens dié interskole plaasvind.

Albei skole se eerstespanne sal onder kenners se gunstelinge tel om vanjaar ten minste onder die voorste drie skolespanne in die
land te wees.

Meer agtergrond oor Affies se historiese reis na Stellenbosch die naweek is op NovaNews beskikbaar.

  • Lees Hannes Nienaber se berig vir alles wat jy moet weet oor dié byeenkoms in die jongste uitgawe van Die Papier.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie