Die Blitzbokke het met Brittanje, Spanje en Nieu-Seeland afgereken in hul groep A om te verseker dat hulle tot die halfeindronde van die Vancouver-sewestoernooi deurdring.
Nou staan Australië in hulle pad as hulle die vyfde toernooi in die 2025-2026-seisoen wil wen. Die afskoptyd vir die halfeindronde is Sondagaand 22:33 (SA tyd).
Die span, onder leiding van Philip Snyman, het vir Brittanje 21-5, Spanje 28-7 en Nieu-Seeland 17-12 geklop.
