Kaapstad het verlede naweek op verskeie maniere gepronk – die weer was uitstekend en het tot die begin van ’n fantastiese toer bygedra. Die ligvertoning en vuurwerke by die DHL-stadion is op die veld deur die dapper Stormers geëwenaar – hulle het alles gegee en uiteindelik teen ’n effe geroeste, maar meedoënlose Nieu-Seeland vasgeval.
Seabelo Senatla se drie onder die pale het die skare behoorlik aangehits en die gees en kameraderie van die tuisspan weerspieël. Ek het ook baie van die spelers se ruil van truie gehou, met die Wynberg School Supporters Club wat my stem kry as die manne van die wedstryd! Dit was ’n feestelike viering van rugby.
- Lees Bob Skinstad se volledige rubriek oor die Greatest Rivalry-reeks in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
