Dit is betreurenswaardig dat die DA nou sy kanonne op die VF Plus draai. Die twee partye moet saamspan teen die ANC en gaan in koalisies moet saamwerk.
Só het Corné Mulder, VF Plus-leier, aan Die Papier gesê na aanleiding van Geordin Hill-Lewis, DA-leier, se aanval op Pieter Groenewald, minister van korrektiewe dienste, oor probleme met mense op parool wat ‘wegraak’.
