Die splinternuwe uitgawe van Die Papier is vandag, 20 Maart, op die rakke. Dit is propvol nuus, briewe en sport wat jou perfekte geselskap sal hou saam met ’n lekker koppie boeretroos.
Ons onthul die nuwe drama met die Zondo-kommissie te midde daarvan dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) steeds nie onbelemmerde toegang het tot die inligting wat hulle nodig het om beweerde staatskapers te ondersoek en te vervolg nie.
Die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) spreek hom sterk uit teen die laat betaling van subsidies deur die Gautengse Departement van Onderwys, wat veroorsaak het dat honderde skole die nuwe skooljaar onder ’n wolk van finansiële onsekerheid moes aanpak.
Lees oor Vrystaatse boere se frustrasie oor sommige kritieke landbouroetes wat in hierdie stadium nie vir opknapping geoormerk is nie.
Ons gaan loer ook in by Mel die Storieverteller, wat onlangs die gesogte prys as Smaakmaker van die Jaar gewen het. Sy is ook aangewys as TikTokker van die Jaar in Afrikaans.
In sport berig ons onder meer oor die jongste in vanjaar se Varsitybeker. Wie gaan die halfeind haal?
Dít en nog baie meer in Die Papier.
- Die derde uitgawe van Die Papier is vandag, 20 Maart, op die rakke.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
