’n Direkteur-generaal wat politici vasvat, die jongste in die ANC- en DA-leierskapsages en nuus en ontledings oor die konflik in Irak.
Dít is van die nuusberigte wat lesers in die eerste uitgawe van Die Papier kan verwag en sluit ook van die jongste bewerings oor die verdwyning van die kleuter Joshlin Smith se verdwyning in.
Fokus op ’n erfenisterrein in die Paarl wat vir ontwikkeling bestem word, ’n besluit oor leeuboerdery wat afgewag word deur Willie Aucamp, minister van visserye, bosbou en die omgewing as ook ’n dieretuin wat help met die bewaring van ’n skaars padda kry ook aandag.
Op die Sakeblad word die ironiese invloed van Donald Trump op ons land se begrotingsinkomste, hoe die olieprys Iran raak, en die jongste kwessies in die landbousektor verken.
Op die sportblad is die fokus op onder meer rugby, atletiek, skolesport en die vinnige F1-motors wat Sondag op die baan is.
Leefstyl sluit ’n resep oor ’n vy-en-speserykoek met olyfolie in met die welbekende Marlene van der Westhuizen wat in voorskoot aanmeld.
Rubriekstemme sluit in Annemarie van der Walt, Wilmarie Pekeur-Europa, Alida Kok, Zander van der Westhuizen en Simon Rademan.
Daar is drie maniere om die volledige koerant te lees:
- Koop dit by jou naaste winkel.
- Laat dit tuis aflewer, deur ’n e-pos te stuur na diepapierintekening@onthedot.co.za, of bel 087 353 1291.
- Koop ’n e-koerant om elektronies deur te blaai en te lees. Kyk op die tuisblad van hierdie webwerf daarvoor.
