Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier – 28 Augustus 2026.

Die Springbokke het die eerste Bok-toets teen die All Blacks in die Greatest Rivalry-reeks verloor. Hierdie naweek vind die tweede toets plaas en alle oë is inderdaad op losskakel Handré Pollard. Veral nou dat daar gerugte is dat hy dalk die wedstryd weens ’n kuitbesering kan misloop . . .

Die intriges bly verdiep. Onthou, die Springbokke se toetsrekord in Kaapstad boesem ook nie veel selfvertroue in nie. Volgens statistieke is die Moederstad oor die jare heen die Nieu-Seelanders goedgesind.

Lees ook Bob Skinstad en Oom Rugby se volgende rubrieke op die sportblaaie – stampvol nuus oor die jongste sportgebeure.

March and March, ’n organisasie wat mense teen onwettige immigrante mobiliseer, wil ’n regs- en moontlik privaatvervolgingseenheid op die been bring en vertrou AfriForum sal daarmee kan help. Lees wat AfriForum se Kallie Kriel en March-woordvoerder, Sandile Dube, oor hierdie nuwe politieke kys te sê het.

Gepraat van politiek . . . lees ook meer oor die woelinge binne die VF Plus en ons onderhoud met Grandi Theunissen, voormalige VF Plus-streek- en koukusleier wat nou by die DA aangesluit het.

Cilliers Brink van die DA by die aankondiging dat Grandi Theunissen by die DA aansluit.
Cilliers Brink van die DA by die aankondiging dat Grandi Theunissen by die DA aansluit. Foto: Verskaf.

“Islands in the Stream”, “9 to 5”, “Jolene” . . . Ai, Dolly – we will always love you (onthou, sy het dit gesing voor Whitney Houston). Met haar uitspattige kostuums en oordadige hare, was Dolly Parton steeds elegant met ’n vrygewige hart én hand. Lees ons pragblad met van haar pittige aanhalings en meer oor haar liedjies en toekennings.

In die Knysna-munisipaliteit het ANC-raadslede nou 24 uur per dag ’n lyfwag om hulle te beskerm en ons berig oor die herbou van die Kruger-wildtuin ná die verwoestende oorstromings in Januarie.

In ons noordelike uitgawes is daar ’n 12-blad Aardklop-bylae met alles wat oor sowat vier weke daar gehou word.

Dít, en nog vele meer in die splinternuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos