Skrum! Dís die kreet wat deur FNB-stadion moet weergalm wanneer die Springbokke teen die All Blacks in die derde toets van die Greatest Rivalry-reeks speel. Daan Human, Bok-skrumafrigter, sê die Kiwi’s kla verniet, die Bokke skrum reg. Elders op sosiale media word All Blacks-breier Dave Rennie se gesanik weer beaam.
Lees alles oor dié opwindende wedstryd in Die Papier en kry jou “Skrum”-plakkaat sodat jy ook deel kan wees van die kreet. Aanlyn kan jy ook plakkate uitdruk en video’s deel van jou stem wat by die duisende gevoeg word wat die Bokke aanmoedig.
Ja, die Bokke het die tweede toets gewen, maar een ding wat onder die soeklig gekom het, was die Springbokke se verdediging. Oom Rugby stel ondersoek in om uit te vind of dinge werklik so sleg is soos wat sommige suurknolle beweer.
Ons skryf ook oor die Curriebeker-halfeindstryde, deel oud-Bok Bob Skinstad se volgende rubriek en kyk vorentoe na die naweek se Italiaanse Grand Prix.
Indien Johannesburg nie vinnig reggeruk word nie, is daar ’n toenemende kans dat ondernemings en beleggers verder uit die stad gaan onttrek. Ons bekyk verslae van die Centre for Development and Enterprise (CDE) en hoekom die goudstad skitterblink moet wees.
Jurie van der Walt, vryskutjoernalis wat hom op die Midde-Ooste toespits, skryf oor die jongste nuus in dié gebied, met ’n verslag van die Verenigde Nasies se Kinderfonds wat die fokus is.
Die NG Kerk se eerste predikante-saamtrek in 21 jaar is verlede week by Goudini in die Wes-Kaap gehou. Johannes Froneman het dit namens Die Papier bygewoon en gee sy indrukke.
Lees ook meer oor Mischa van Heerden, Polokwane se eie sosialemedia-beïnvloeder, Cornelia de Kock, ’n afgetrede kultuurhistorikus van Stellenbosch se skrywe oor lente en ons profiel met Leon Schreiber, die DA-minister van binnelandse sake.
Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
