Die nuwe uitgawe van Die Papier is nou op die rakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier.

Eers wat dit drie. Toe vier . . . vyf en teen druktyd gister is daar reeds nege vroue vermoor. Nege vrouens se lewe wat deur een of meer moordenaar geneem is. Ons vind uit in watter mate die polisie steeds die vermoë en kundigheid het om ’n moontlike reeksmoord te identifiseer, vinnig te ondersoek en in die kiem te smoor. En ons kyk na die gevaar van gewone Suid-Afrikaners en veral vroue, om vryelik rond te beweeg.

Marco Rubio, die Amerikaanse minister van buitelandse sake, het Woensdag aangekondig dat Washington ’n nuwe visumbeleid instel wat die toegang beperk van mense wat volgens die VSA betrokke is by rasgebaseerde diskriminasie in Suid-Afrika, die aanhitsing van geweld teen minderheidsgroepe of grondonteiening sonder vergoeding. Wat behels dit en wat sal die gevolge wees?

Selfs al is nagenoeg nege miljoen diere landwyd teen bek-en-klouseer ingeënt, is dit volgens landbou-organisasies te vroeg om te sê dat ’n keerpunt in die krisis bereik is. ’n Lang pad lê waarskynlik nog voor.

In Dink klop Ilse Salzwedel aan by kenners oor eensaamheid en Inkvlieg kyk oudergewoonte wie hierdie week se slimkop en sot is.

Op die sportblaaie skryf Hennie Koortzen oor die Bokke se Greatest Rivalry-sege en gesels met die Griekwas-breier Pieter Bergh oor hul Curriebeker-triomf. Oud-Bok Bob Skinstad deel sy gedagtes oor waar die Bokke nou staan ná hulle die All Blacks 3-1 gewen het en Fritz Klaaste deel die nuutste nuus oor die F1.

Lees ook ons skattige onderhoud met Luna Coetzer (8), wat as Lilly Strauss in kykNET se Beter as Gister vinnig harte verower het.

Karla Janse van Vuuren deel twee hoendersosatie-resepte vir Braaidag en op die speletjies-blad sal dit goed wees as jy dié grapjas met die krulhare kan uitken. Of ten minste dié Springbok-losskakel se naam ken.

Dít, en nog vele meer in die nuwe uitgawe van Die Papier, wat nou op die rakke is.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos