Die nuwe uitgawe van Die Papier is vandag op die winkelrakke en aanlyn beskikbaar

Die Papier – 2 April 2026
Die Papier – 2 April 2026

Vir nou lyk dit of John Steenhuisen tog as landbou minister sal oorleef, maar ontleders en DA-lede is verdeeld oor of hy móét. Die Papier praat met senior amptenare, belanghebbendes en DA-lede oor die storm wat rondom Steenhuisen se kop hang én die vraag wat bly maal: Moet hy bly of moet hy gly?

Die laer verhoging in petrolprys sal verbruikers inhaal, sê Dawie Roodt aan Jana Marx. “Mense gaan nou juig, maar moenie ’n fout maak nie – hierdie ding gaan terugkom om ons te byt.”

Darem blyk dit of die konflik in die Midde-Ooste byna verby is. Of is dit? “Twee of drie weke,” seg VSA-president Donald Trump, maar rolspelers en Amerika self maak gereeld teenstrydige uitsprake. Die Papier doen verslag.

’n Man vul ’n petrolkan in Tvrdosin in Slowakye. Die Slowaakse regering het wetgewing ingestel wat brandstofpryse by die grens met Pole vermeerder omdat Poolse mense hul voertuie in Slowakye met brandstof vul, waar dit goedkoper is. Die hoeveelheid brandstof wat elke motoris mag koop, word ook beheer.
’n Man vul ’n petrolkan in Tvrdosin in Slowakye. Die Slowaakse regering het wetgewing ingestel wat brandstofpryse by die grens met Pole vermeerder omdat Poolse mense hul voertuie in Slowakye met brandstof vul, waar dit goedkoper is. Die hoeveelheid brandstof wat elke motoris mag koop, word ook beheer. Foto: Omar Marques, Getty Images.

Slim-slenters raak ál slimmer en laat ons al dommer voel. Ons bekyk dié probleem in diepte en praat met die rolspelers wat dit probeer bekamp.

Prof. Waldo Krugell vra wat ons as verbruikers kan doen om die hoër petrolprys en ander ekonomiese druk so effektief moontlik aan te spreek.

Ons berig ook oor Stellenberg wat onlangs vir Grey College laat les opsê het by die Noord Suid-skolerugbytoernooi, kort nadat hulle ook Paarl Gim geklop het.

Vir Hennie Koortzen, en talle rugbyliefhebbers, wil dit voorkom of die losskakelfabriek plaaslik en op internasionale vlak nie op alle silinders vuur nie. Hy peins ’n bietjie na oor wat moontlik die probleem kan wees.

Albert as Iago in Othello, ’n rol waarvoor hy met ’n Fleur du Cap-toekenning bekroon is.
Albert as Iago in Othello, ’n rol waarvoor hy met ’n Fleur du Cap-toekenning bekroon is. Foto: Fiona MacPherson.

Ilse Salzwedel gesels met die veelsydige én veelbekroonde Albert Pretorius oor sy manewales in Die kantoor en onlangse kykNET-Fiësta-prys as beste akteur vir die rock-teaterproduksie Ek is nie Danie.

En Marlene van der Westhuizen deel haar resep vir smullekker lamsvleis-ragout met kleinuitjies.

Dít, en nog vele meer in Die Papier wat vandag op die rakke is.


Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie