Die WAT se woord van die week

Joga.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

rubberlyf
s.nw., rubberlywe.

Buitengewoon slap, soepel lyf waarmee kontorsies uitgevoer kan word: Hy (die danser) is ritmies, en sy rubberlyf ken net een pad: ruk en rol (Burg., 23 Des. 2002,8). Akrobaat-kunstenaars … tree nou in New York op waar die span van 15 gehoor verstom met hul oënskynlike gewiglose rubberlywe wat skynbaar nie onderworpe is aan swaartekrag en ander natuurwette nie (Volksbl., 8 Des. 2007, 31).


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos