’n Geskiedkundige toetssaak begin op 19 Mei in die hooggeregshof in Pretoria wanneer twee omgewingsorganisasies en ’n Khoisan-leier ’n aansoek teen die Johannesburgse dieretuin bring om drie olifante in hul sorg vry te laat sodat die diere gerehabiliteer kan word.
Megan Carr, die hoof van die EMS-stigting se Towards Freedom-program, sê Animal Law Reform South Africa (ALRSA), die EMS-stigting en Stephen Fritz, die senior hoof van die Khoi-gemeenskap, glo dié stap is hul enigste uitweg om drie olifante uit die dieretuin te verwyder.
- Lees meer oor dié hofsaak in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur Op the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
