Gaan die Reserwebank die rentekoerse in Julie verhoog? Kenners sê

Ekonomie.
Foto ter illustrasie: Unsplash.

Ekonome is verdeeld oor of die Reserwebank moontlik rentekoerse in Julie sal verhoog, nadat inflasieverwagtinge in die tweede kwartaal skerp toegeneem het.

Volgens die Universiteit Stellenbosch se Buro vir Ekonomiese Navorsing verwag ekonome, sakelui en vakbonde nou dat inflasie vanjaar tot 4,4% sal toeneem – op van die 3,6% wat hulle in die eerste kwartaal verwag het.

Hulle verwag dat inflasie in 2027 tot 4,2% sal toeneem (ook op van 3,6%) en tot 4,1% oor vyf jaar. Verwagte looneise staan tans op 4,8% vir vanjaar en volgende jaar.

  • Lees die volledige berig oor dié kwessie in Die Papier, wat nou op die rakke is.
  • Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
  • ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.

Kategorieë:

uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk in jou inkassie