Bewaringswetenskaplikes vermoed hulle het vasgestel olifante word gebore met ’n “institusionele herinnering” aan oeroue migrasieroetes wat na kos en water lei.
Moderne bewaringsgebiede wat omhein is (die sogenaamde “fortress conservation”), keer egter dié diere om te migreer.
Olifante migreer ook nie weg van plekke waar boorgate gesink is nie. Bewaringslui en politici behoort daarom die oprigting van heinings en die sink van boorgate in natuurreservate te heroorweeg.
Só sê prof. Morgan Hauptfleisch, buitengewone hoogleraar aan die Universiteit van Noordwes se navorsingsgroep vir beskermde gebiede, en mede-hoogleraar aan die Universiteit van Namibië se skool vir wetenskap en tegnologie.
- Lees die volledige artikel in Die Papier, wat nou op die rakke is.
- Huisaflewering is ook beskikbaar deur On the Dot te e-pos by diepapierintekening@onthedot.co.za of te bel by 087 353 2191.
- ’n Elektroniese koerant kan ook gekoop word by op diepapier.co.za of by Magzter.
