Grandi Theunissen: ‘Ek wil nog ’n bydrae lewer’

Grandi Theunissen, uitgeskopte koukusleier van die VF Plus, het aangekondig hy sluit aan by die DA. Langs hom staan Cilliers Brink.
Grandi Theunissen, uitgeskopte koukusleier van die VF Plus, het aangekondig hy sluit aan by die DA. Langs hom staan Cilliers Brink. Foto: Verskaf.

Grandi Theunissen (66) se skuif na die DA in Tshwane is nie ’n skielike besluit nie.

“Dit was ’n proses en dit kom nou al oor ’n tyd van twee, drie jaar wat die situasie binne die VF Plus vir my ál moeiliker geraak het.”

Theunissen, wat twee weke gelede as koukusleier van die VF Plus se grootste plaaslike koukus verwyder is, het verlede week aangekondig dat hy hom by die DA aansluit. Hy was voor dié skuif nog die VF Plus se streeksleier en tweede op die party se proporsionele lys vir die munisipale verkie­sing in November.

Hy sê hy het besluit om te loop weens toenemende frustrasie oor interne partyprosesse – ­veral sedert 2023. Die verwydering as koukusleier was net die laaste druppel aan die emmer.

“Ek is tot ’n groot mate sedert 2023 geïsoleer.”


uitgesproke artikels

Geen uitgeligte artikels beskikbaar nie.
Blaai gerus deur die nuutste berigte.

Bly ingelig

Ontvang die jongste nuus direk per e-pos