All Blacks-afrigter Dave Rennie het sy span aangewys om die Stormers te pak in die eerste wedstryd van hul Greatest Rivalry-toer deur Suid-Afrika.
Beauden Barrett begin op losskakel met Cortez Ratima op skrumskakel, terwyl Patrick Tuipulotu die span as slot sal aanvoer.

Rieko Ioane kry ’n plek in die beginspan as vleuel, die veteraan Anton Lienert-Brown is in die middelveld, terwyl die driemasjien Leroy Carter ook op die vleuel begin.
Die lostrio bestaan uit Wallace Sititi op agsteman, met Peter Lakai en Simon Parker as flankspelers.
- Kry al jou rugbynuus in Die Papier, op NovaNews en op KickOff.com.
